Dis veral as digter dat Van Wyk Louw plaaslik en internasionaal bekend is. Sy verse toon ook van bundel tot bundel verandering en onverwagse wendings. 'n Ouer lieratuurgeskiedenis sou dit "groei" genoem het, maar dit sou impliseer dat alle gedigte in bundel twee beter is as almal in bundel een, byvoorbeeld. So eenvoudig werk dit ongelukkig nie. Die digbundels word elkeen op 'n afsonderlike bladsy uitgestal. Alleenspraak Die halwe kring Gestaltes en diere Nuwe verse Tristia. Ander poësie is te vinde in die epos Rakaen die versdramas Germanicus en Die pluimsaad waai ver. 'n Spesiale geval is Asterion, 'n radiofoniese opera. Dramas is ook Lewenslyn, Die held, Die pluimsaad waai veren Blomme van die winter.