Die pluimsaad waai ver
Die vraag "Wat is 'n volk?" wat aan die begin van hierdie drama deur die ou Vrou gestel word, het gelei tot 'n pynlike polemiek. Dit teken ook die twee verskillende vorme van groepsidentiteit. Enersyds is daar die denkbeeld dat die groep bestaan en sekere vereistes stel. Dis eksklusief: mense kan kwalifiseer. Andersyds gaan dit oor 'n affiniteit. Dis inklusief en werk met trots, ook op die uiteenlopende optredes van die lede.
|