Nuwe verse
|
Soms word die bundel beskryf as 'n soort tussenverskynsel: nie meer Gestaltes en diere nie, onderweg na Tristia. Maar dis dalk kommentaar op die logici self eerder as op die bundel. Bundels van Van Wyk Louw was nog nooit "eenhede" soos wat Opperman se Blom en baaierd (1956) in verskeie studies "die bundel as eenheid" genoem word nie. Dis ook nie 'n vereiste dat "logiese" klossing bestreef word nie.
Van die gedigte wat hierin voorkom, is "Beeld van 'n jeug: duif en perd" 'n heel groot moment as poësie. |