Hierdie eerste digbundel van Van Wyk Louw het die vlak van die literatuur opeens ondenkbaar laat styg. Die skrywersgeslag "Dertigers" is in die lewe geoepal was dit een bundle deur een skrywer! Afrikaans en sy poësie sou nooit weer dieselfde wees nie. 'n Gedig soos "Grense" was tevore onbekend. Die voorgangers, die sg. Twintigers (agterna so benoem om hulle van die Dertigers te onderskei, het origens naïef en konvensioneel geskryf: My vuurtjie en ek is op wag my vuurtjie en ek alleen Die awendster Wink al van ver En die velde slap omheen. (Jan FE Celliers).
Ons stel dit teenoor Van Wyk Louw se reels My naakte siel wil sonder skrome in alle eenvoud tot jou gaan.